Monday 14 January 2013

VERKEERDE KANT VAN DIE SPOORLYN

Die huis tweede van links met die rooi dak - dis waar ons bly........



Kaap toe die moes ons kom, kom wat wil.  Daar was baie te kom en veel te wil.  Lank en woes gespook om als in plek te laat val. Dit woel vir ‘n vale.

Blyplek en skool  is heel  bo aan die prioriteitslys. Maar die Kaap is vol en vreemd en baie woelig  en die pad werk toe, kerk toe en kroeg toe  hopeloos te lank vir mense wat ly aan ‘n kleindorpie-sindroom van die Oos Kaap.

Dis lekker om so tussen ander mense se vier mure rond te stap en kritiek te lewer.  ‘n Goeie vriend het eendag wyse woorde gese.  “Elke ou het die reg om tussen sy 4 mure te lewe soos hy wil”.  As hy die deur vanaand agter hom toetrek is hy/sy die baas van daai stukkie plaas.

Ek leer vinnig dat spacious verskillende betekenisse het.  Dat  ‘n room with a view nie noodwending Tafelberg of the groot oseaan in gedagte het nie.

Maar ek dwaal af.  Vandag wil ek van spoorlyne praat. En van mense wat bordjies om ander se nekke hang.  Bordjies wat se “Ja ek het my naaste lief want die Groot Boek waaraan ek onverbiddelik glo – sĂȘ so.  Maar ek sal om de dood nie saam met jou in dieselfde straat bly nie.”

Veral nie as jou kar op 4 bakstene in jou voortuin staan en die kinders sukkel om die bloukol beentjies weg te steek.  Nimmer as te nooit kan ek jou voor my vrinne my buurman noem.

Waar en wanneer het dit begin.  Toeka al is daar al gepraat van die verkeerde kant van die spoorlyn.  Die armes bly in en om die spoorlyn, want pa werk tien teen een vir die Spoorwee en ons bly in ’n verniet huis. Almal loop skool toe, kerk toe en werk toe.  

Later het dit die bo en onderdorp geword.  Die bodorp het  altyd ‘n ‘skuldbult’ uitbreiding gehad.  Daar het die ouens met die drome gebly.  Tot die bank kom terugvat en die droom in skerwe spat.  Bodorp mense ry die regte karre, dra die regte klere en die kinders neem musiek en ballet. Ma dien op twee komitees  (hier-kom-die-tee) en pa is deel van ‘n raad of ‘n klub. Vandag is dit nog steeds so.  Meeste stede praat van die Suidelike dele, die Northern suburbs, die kant van die N1 of die verkeerde kant van die N2. Die rigting bepaal dan jou status  of jy kwalifiseer om ‘n Jones te wees al dan nie.  Hier in die Kaap wil g’n mens in die Cape FlĂȘts bly nie.  Met rede ook.

Maar vandag – nou en hier het ek ‘n besluit geneem – om nooit as te nimmer ‘n bordjie om iemand se nek te hang nie.  Ek gaan jou aanvaar soos ek hoop jy my gaan aanvaar.  Wanneer ons gestroop word van die glitter en gold en nakend staan, bly net die EK oor.

Wealth does not guarantee happiness. Wealth is impermanent.

No comments:

Post a Comment

Featured post

A WHALE OF A TIME

I was dressed for the occasion and waiting to embark on an exciting adventure. Ready and eager to set sail on a whale and dolphin-watching t...