Sunday 13 January 2013

I AM WHO I AM



'n Menslike tsunami.  ‘n Vulkaan van chaos.  Avant Garde beskryf my oudste my.
 - uniek, eksentriek – “they threw the mold away”.   Dis ek.

Goeters wat my die donder in maak.  Onreg – onreg aan vrouens, kinders, mans - enige onreg laat my bloed kook. 


Goed soos ….. Bhurka vroue wat agter ‘n sluier moet wegkruip  oor die manlike wet so se. Mans, en vroue for that matter, wat klappe uitdeel en letsels in die siel laat. Kinders wat swaarkry   -   Mense wat doodgaan van ‘n hongerpyn. Oorlog ..Daar’s nog baie ander goed wat my de moer in maak.‘ n Onregverdige god maak my kwaad  - kwater as kwaad.….Maar soos almal om my is ek ook vasgevang in die resies van die rotte.   Daagliks

As mainstream kan ek nie beskryf word nie. Tog tipies Kreef wil ek alewig nurture.  Al wat horrelpoot en afvlerk voel is moet ek koester en versmoor.


Woorde en musiek doen my siel goed.  Daarom praat ek, skryf ek, sing ek. En ek hou van mense – enige soort.  Van boemelaar tot bodorp tannies met  Duitse motors, labels om die lyf  en ‘n Franse poedel wat deur die tuinjong gewalkies moet word.  Makisaki . 

Natuurlik ‘n overwhelming affection vir die underdog.  En ek gaan soek hulle nie, hulle klop aan my deur en ek maak oop. Mense fasineer my.


 Ek hou van kos – vreemde kos.  Ek wil weet wat ‘n piki bread is en hoe die Bhutanese  kinnertjies …….. kan eet sonder om te skree "My bekkie Brand!!"

Ek is geneig tot kontroversiele gesprekvoering  met feite wat skok. Geniet ‘n debat soos die een wat tans woed.  Jesus had a wife.

Dis ek die. 


I try to color the sun

I try to swim the ocean
I try to touch the sky 

No comments:

Post a Comment

Featured post

A WHALE OF A TIME

I was dressed for the occasion and waiting to embark on an exciting adventure. Ready and eager to set sail on a whale and dolphin-watching t...