Wednesday, 13 March 2013

OOR SUSSIES WAT TE GOU DOODGAAN


Vanoggend toe ek wakker word, met weereens ‘n diep donkerte hier in my siel, toe weet ek dis tyd dat ek hieroor skryf.   Woorde doen my goed.  Praat hieroor kan ek nie, sing sal nie werk nie, so ek skat skryf is die enigste opsie.

Toe ons nog vier was.
Ek sal lieg as ek sê ek is nie bietjie kwaad oor my sussies my alleen agtergelaat het nie.  Kleintyd al het ek hulle die Leviete voorgelees en gevra om dit nie te doen nie.  Maar ek glo ook dat dit nie hul bedoelinge was nie – min mense gaan opsetlik dood.

Die dag toe A. my oor die foon meedeel dat Ria Mesetilioom het en dat sy geen, maar geen kans het om gesond te word nie, het ‘n stukkie van my siel doodgegaan.  Ons was buddies – kleintyd tot groottyd.  

Saam het ons kinderjare armoede oorleef en ontvlugting uit Prieska gesoek deur te trou.  Saam het ons rooi hakskene gekry, mammas geword, huwelike trotseer en toekomsdrome gedroom.  Ons was lief vir mekaar. 
 
Ria die Mooi Sussie
Sy was pas 40 – sussies gaan nie dood op 40 nie.  Ons moes saam oud geword het, saam gaan rocking chair ry het in die oue-tehuis.  Maar nee! ..Toe moes die  verdomde asbes sy ystervingers in haar longe kom plant en aanhou groei tot haar long een klipharde stuk yster is. Ria – die een met die stukke goud in haar hart. Die mooi sussie, die baba sussie.  My sussie!!

Cape Blue Mines was ‘n Britse maatskappy en bestaan vandag gelukkig nie meer nie, maar hulle het kom neem wat nie aan hulle behoort het nie.  Verwoesting kom saai. Die Grieke het hierdie asbes die wonder metaal gedoop. Die Asbes-storie was voorbladnuus wêreldwyd en het selfs ‘n draai by die Waarheids en Voorsienings Kommissie gemaak. Brindaweni Naidoo van Mining Weekly noem dit ‘n ‘Medical Time Bomb’.  Tereg ook. Die asbes-stofwolk van destyds hang vandag nog oor Prieska. Vandag word hy die doods-wolk genoem.

Die rou proses vat lank, soms jare.  Ek het gestoei om kinders groot te maak, ‘n stormagtig verhouding te oorleef, ‘n voltydse, uitmergelende werk te behartig en tussen in te rou oor ons kleine Mier.  Kleintyd die naam gekry oor sy so woelig was.  Maar eendag word jy wakker en besef die ergste pyn is tog bietjie beter en ek kon weer na ons jongmeisie-Kimberley-kiekies kyk met ‘n glimlag.  Die roof  was af, maar die letsel het bly sit.

Life goes on al wil jy roep “Wêreld staan stil ek wil afklim!!”.

Vier jaar later word Susan siek.  Sy word sommer baie siek en ons wil nie die waarheid aanvaar nie.  EK WIL DIT NIE AANVAAR NIE.  Nie nog ‘n Mesetilioom nie.  Sy het minder veggees as Ria en sien nie kans vir 4 jaar se chemo en bestralings marteling  nie.  Ek stap die 9 maande, dag vir dag, saam met haar.  Ek is kwaad en sy  nog kwater.  Ek doen wat gedoen moet word, maar binne my skeur ek in stukkies. Sy sterf 9 maande na haar diagnose. Ek trek die wit laken saggies oor haar vervalle gesig.  FINAAL.

Susan, die Wildeloot

Teen hierdie tyd is my verhouding nog meer stormagtig en die kinders en werk meer veeleisend.  Ek cope nie meer nie.

Haar begrafnis is ‘n marteling en ek belowe myself  dat ek dit nooit aan my naasbestaandes sal doen nie.  Geen begrafnis vir my nie.

My rouproses vat weereens lank, want ek sukkel met skuldgevoelens.  Skuld oor ek miskien te min gedoen het vir my ou sus. Haar huwelik was net so stormagtig en beland finaal op die rotse kort voor haar siekte.  Nog ‘n sus wat te gou sterf.  Verdomp!!

Life goes on – once again en die wêreld gaan nog steeds nie stilstaan sodat ek kan afklim nie. 

Gelukkig vir my is Ousus nog daar.  Die stabiele een, die altyd in beheer een, die sterk een.  Nie verniet ‘n Leeu nie. Die asbes-monster dwing ons nader aan mekaar.  Ons huil op mekaar se skouers oor ons sussies wat weg is, ons wonder oor die hoekoms en waaroms en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit as ons die dag bymekaar kom.

Ons leer van vooraf lag. Lag oor ons hartseer en oor ons kwaad  -  oor dinge nie verloop soos ons dit wil hê nie.

Antjie se lewe lyk goed.  Sy trek see toe om op haar oudag skulpies op te tel en na die Afrika son te staar as hy sak.  Nêrens op aarde sak die son so mooi as hier in die suide nie.  Ons praat amper daagliks oor al die lekkertes van die lewe, die hartsere wat ons oorkom het en die oudag-toekoms wat vir ons wag.  Ons gaan saam die rocking chair in die oue-tehuis ry.  

Tot die dag toe sy bel en sê “Sus ek het Kanker” .  Mens sou reken dat ek teen die tyd al opgewasse behoort te wees teen sulke oproepe – toe nie.  Ek word sommer net daar vir haar kwaad en vaar uit teen al die witbrood wat sy ge-eet het, al die jare wat sy te hard gewerk het vir ‘n dokter en sommer nog baie ander goed oor ek regtig egtig kwaad is.

Moedig  stry sy hierdie K-stryd. Die pad was nie maklik nie. Sy't min gekla - bitter min vir iemand wat so baie, baie siek was.   Gelukkig vir haar het sy ‘n wonderlike gesin wat haar deur die donker dae dra.  Saam huil ons, wonder ons en hoop ons. Die wat glo, bid.  Selfs die wat nie glo nie, bid. My hele wese voel donker. Ek stoei om hierdie een te verwerk.  Ek wil so graag saam met haar glo dat sy gesond gaan word, maar toe ek die dokters-verslae deurlees toe weet ek, haar tyd op aarde is verby.   Haar uurglas gaan vinnig leegloop.  Die dokters belowe 2 jaar, meer en selfs 15,  maar die groot K wen nog ‘n rondte.

Gelukkig het ek die voorreg gehad om haar gesig in my hande vas te hou toe sy sterf en haar hartseer oë saggies te kon toemaak, terwyl ek stadig die laken oor haar gesig trek.  FINAAL!!

 Patat (haar kleintyd troetelnaam) is nou by Mier en die res van die familie.

Ek mis jou so Antjie.   Ek mis jou lag – ons lag.
Ek mis jou lag Antjie

                Al wat oorbly is die onthou.
Die 10c wat jy my kleintyd betaal het om ‘n maand lank jou skoene skoon te maak.
Die souskluitjies (sy was ‘n Meester in souskluitjies maak) wat flop toe jy dit vir my wou demonstreer
Die laatnag oproepe toe ek na 20 jaar weer alleen op my voete moes staan en jy moed inpraat.
Die aand toe jy saam met my wakker bly om my kind veilig  uit Dubai te kry.
Ek onthou ons enerse gebreide rokke wat vir Krismis gekoop is.
Ek onthou die mussie wat jy geirriteerd rondskuif toe jy so siek was.
Ek onthou hoe ons kon lag en huil tussen die wyn en morfien.
Ek onthou jou lag Antjie – ek hoor hom snags as ek rondrol en wonder hoe ek alleen gaan oud               word.

Ek sukkel nog om na jou kiekies te kyk, maar ek glo die roof sal afval en dan gaan daar nog vele lekkertes oorbly om te onthou.






Maar soms is onthou nie genoeg nie.
Vir wie moet ek bel as ek my doodstyding kry, Antjie?. Vir wie, vra ek jou? 


               
               
            



Tuesday, 12 March 2013

AS OUMA JUFFROU WORD



 Nee kyk, as iemand – maak nou nie saak wie nie – ‘n jaar terug sou sê dat ek, hierdie einste ek eendag ‘n skooljuffrou sou word, sou ek daardie iemand in sy of haar gesig uitgelag het.  Ek was nog nooit ‘n teacher nie, wou nooit een wees nie en so by so hou ek nie van onderwysers nie.  Kleintyd herinneringe skat ek.  

 Gee my ‘n sieke en ‘n kranke, enige ou met ‘n skeet, kwaal of geit en ek nurse hom of gesond of reguit graf toe.  Maar om vir kinders te vertel dat een plus een twee is en dat ek voor my heilige siel weet dat dit nie altyd waar is nie, dit kon en wou ek nog nooit doen nie.

Miss Dandelion

Maar soos die ou noodlot maar met ons werk, beland daar  allerhande stompe op ons pad en oor die moet ons oor.  Die skole in die Kaap is tjok-en-blok vol.  Nie ‘n gaatjie vir ‘n siel nie.  Ons smeek en vra mooi en dreig en oorweeg selfs om die klein Britjie in ‘n Afrikaanse skool te sit, maar niks en nêrens is daar ‘n leë stoel vir Missy nie.  Die klaskamers is tot oorlopens toe vol.  Hoe een juffrou 40 woelige graad tweetjies kan leer spel of tel, gaan my verstand te bowe.


Pouse
Maar skool die moet sy hê en al genade is dat ouma en mamma maar die ding moet doen.  Mammie is die slim een en was al iewers in ‘n ver en vreemde land ‘n teacher vir kindertjies wat sukkel om Ingels te praat.  Maar ouma?– nog nooit.  Bystand met huiswerk, so hier en daar ‘n taak vir boet of sus gedoen en ‘n resitasie geleer, maar verder niks.  Moet sê iewers in Granny se  loopbaan was die woord Training Officer ook op haar pligtestaat, maar dit het niks met skoolhou te doen nie.  Daar  staan jy voor ‘n klomp intelektuele siele en vertel hulle goed wat hulle reeds weet. 


Ek dwaal af. Die boeke word bestel en na ‘n lang wag (danky ‘n Poskantoor staking) arriveer dit uiteindelik.  Ek en Missy maak die pak opgewonde  oop en Oeee en Aaaaah vir ‘n vale.  Maar ouma se hart word al hoe swaarder.  Sy sien goeters daar wat g’n sin maak nie.  Goeters wat sy lankal vergeet het en goeters wat sy nie eens geweet het kinders mag weet nie.  Maar sy wys nie haar vrese vir Missy nie. 

Laataand stuur die nuut aangestelde grasgroen juffrou, boodskappe die wêreld in vir al haar onnie-pelle, familie en sommer wildvreemdes ook.  En almal gee raad en praat moed in. 

            Dankie!!

Saam pak ons tweetjies hierdie nuwe uitdaging aan en kort voor lank is skool nie meer ‘n monster nie en ons besef...........

                tuis onderrig kan alte voordelig wees. 






   
Opelug Klaskamer
                Mens hoef nou nie noodwendig douvoordag Kellogg's Cornflakes
                of 'n roereier in te wurg nie.
                Mens hoef nie jou skoolskoene elke aand te poets nie
                Mens hoef nie kosblikke en skooltasse te pak nie.
                Mens vergeet nie ‘n boek, swemklere
              of  jou lunchbox by die huis nie.
              En Granny hou nie nael-inspeksie nie – 
              inteendeel sy moedig die gebruik van
              naelpolitoer ten sterkste aan. 
              Mens hoef nie daai aaklige warm 
              skooluniform te dra nie.
              Mens kan gaan piepie wanneer jy wil 
              en water drink en oumie gee nie om
              as ons so tussen die somme deur ‘n 
              hap aan die appel vat  nie.  Solank 
              ons net nie boeke bemors nie .
              Maar ons moes al ‘n bladsy
              uitskeur na so ‘n klein glipsie – 
              ‘n baie klein enetjie moet ek by sê.


Binnenshuise klaskamer


Maar nouja, hoe dit oor ‘n jaar sal gaan as ons verantwoording moet doen, sal ons tweetjies nie nou al kan sê nie, maar so far so good soos die Ingelse sê.  Ons skryf en doen somme, ons lees en ons pak binne en buite projekte aan en leer so saam-saam. Soms val daar harde woorde tussen leerling en onnie, maar ons maak gou vrede.  Kiss en make-up kom maklik tussen die twee van ons. 

                                   Sealed with a piece of chocolate cake of course.

Onderkry die gaan die Departement van Onderwys in Suid Afrika ons nie.  Missy gaan skool kry, kom wat wil. 

Die prysuitdeling aan die einde van die jaar gaan ‘n spoggerige geleentheid wees. Ek vermoed Missy gaan eerste in haar klas staan en met ‘n Baie Blink Beker soos 'n regte BBP -  (Baie Belangrike Persoon),  kamer toe stap. Haar naam gegrafeer op die goud.

Hoop net nie Granny dop Sub B nie. 
               

Thursday, 7 March 2013

MONTAGU MEMORIES


Verreweg  die lekkerste prys wat ek nog gewen het.  Twee salige dae van niksdoen  en leegle.  Missy en ek het vroe more die pad uit die Kaap gevat en al met die mooi roete langs, oor die passe en deur die klowe na Montagu gery. Geskaterlag oor die bobbejane met die lelike leerboude en tonge geknoop om DuToitskloofpas, Hexriviervallei en Kogmanskloof soos ‘n Afrikaner agter ouma aan te se.  Dit is moeilike woorde vir ‘n klein Brit.

 Singende en lerende (want dit is immers ‘n skooldag) en stoppende  - by elke padstal wat meer as 3 vlaggies het.  Dis gawe mense wat in hierdie omgewing bly.  Sommige lag oopmond-uittand en verwelkom ons met sulke opregte warmte. Kan amper nie glo  dieselfdes het onlangs nog  klippe gegooi en tyres gebrand  nie.  Ek  het  egter simpatie met hulle.  G’n mens kan ‘n gesin met ‘n R100-noot vir ‘n dag voed, klee en skoolgee nie.  Al koop jy Pepstores tekkies en skaap-afval by die slaghuis.  

Die mense by ontvangs is net so vriendelik – opreg vriendelik – hulle wag al van vroeg af dat ons moet inboek. Die huisie is pragtig skoon en ‘n stukkie groen  malva uit die tuin pronk op die koffietafel.  Ek voel sommer goed oor my kiekie die prys gewen het.  Net hier en nou belowe ek myself om volgende week weer in alle erns aan al wat kompetisie is deel te neem..  Mens kan  lewe met so ‘n verniet-wegbrekie hier in die middel van die week – in die middel van die maand en in die middel van ‘n skoolkwartaal. Tuis-ondderig het sy voordele.

Ek en Missy moes eers stop vir proviand en Checkers op die hoek sorg vir kos op ons tafel.  Ons gaan natuurlik nie ure voor die kospotte staan nie, so hotdogs en MSG-Noedels werk goed.  Roomys sorg vir die kalsium, proteine, hier en daar ‘n mineraal en koolhidraat, maar meestal eet mens Magnums oor dit lekker is
.
Missy stel haarself  met die intrapslag aan as die leier – le die reels neer en laat my goed verstaan sy is Mommy terwyl ons hier is.  En mammies maak die reels..  Sy help fluks die kar uitdra en deps die ‘bed for two people’.  Granny het nie ‘n probleem om tweede viool te speel nie.

Na tee en Checkers se Bakers Koekies verken ons ons omgewing en ons besef dis mooi en lekker.  Dit baljaar te lekker in die poele, tel maatjies op en ry die skoppelmaai en swaaie met gille van plesier. Die maatjies is meestal plaasboerbulletjies uit die omgewing.  Hulle speel rof en praat ‘n Afrikaanse Engels.  Dis tone-kry-lekker toe 250 ganse gevoer word.  Die oord se manier om nog meer vir sy gaste te doen.
Voor 8 kom ‘Mommy Missy’ vir granny inlig dis slapenstyd.  Ons is gedaan.  Die reis in die warm kar, die swem, die buitelug – die suurstof hier ruik anders as in die Kaap –  alles dra by om  ons te dwing om mekaar vroeg in te tuck.

Hiers nie internet nie – die televisie het net een kanaal en musiek is beperk tot  mantras op ouma se skootrekenaar. Maar dis lekker om weer soos van ouds ander dinge te doen om die aand om te kry. Ons drink melk uit wynglase en eet warm rolletjies en gemmerkoekies.   Buite begin die naggeluide hoorbaar word.  Die stilte het klank.  Hier kan mens wragtag horingoud word – sonder stres.  More gaan ons die een-perd-dorpie-verken. Montagu is  pragtig en so ook sy mense.  ‘n Dorp wat omring is met berge kan mos nie anders as mooi wees nie.  So ‘n rustige mooi. 

Natuurlik loop die geskiedenis ook dik deur die dorp en sy omgewing. Die ou Engelse Fort (Fort Sydney) is as Nasionale Monument verklaar.  Staan al sedert 1899 bo op die ou tonnel. Verder spog Montagu met 14 Nasionale Monumente, ‘n museum en Joubert Huis wat in 1853 gebou is.

Hiers wingerde en warm bronne,  gedroogde vrugte en varses van die boom af. Hiers trout en olywe, kuns en hope kultuur.  Wyn van hier, daar en oral word sommer op die straathoek en stal verkwansel.

‘n Toer op ‘n donkiekar word aanbeveel, maar die loop net op ‘n Woensdag en Saterdag want die donkies moet rus en stamina opbou. Waar het ons die donkie-kar-toerbus-idee gesteel.  Griekeland of Indie of ons eie karretjie-mense van die Noordkaap?

Die boom by die Leiwaterdam met 52 soorte  voels klink vir my na die regte plek om more se Magnum te gaan sit en eet. 

Maar al hierdie lekkertes gaan ook maar tot ‘n einde kom en al wat saamgaan huis toe is die kiekies wat in die ‘memory-file’ gebere gaan word.  Oudag memories.



Eendag, ver in die toekoms, moet Missy  se memory-file vol lekker  granny stories wees.  Eendag wanneer sy bedtydstories vir haar en haar plaasboerbulletjie se kinders vertel.

Saturday, 19 January 2013

WINNERS AND LOSERS




Let’s face it there are winners in this world and there are WINNERS!!.  Some win and dream really big, the weekly Million Rand Lottery,  a trip to the Seychelles or a week in the Bahamas,  a Day at a Spa or a designer bra. Sigh!.

 When it comes to competitions I can’t say I am a total loser, but the big ones? Nah not for me.  I enter them as they appear on my screen, the magazines, the newspapers, the flyers handed out at the traffic lights, the small prints on the walls and the big one’s  in the malls. 

 Please don’t get me wrong, I really appreciate each and every item that makes me a winner. What I can’t use myself I pass on.

 These are  some of my winnings:

A sample size washing powder after completing a ten pages questionnaire. -  I used it.
A voucher for use at a beauty salon.  I don’t do beauty and I don’t have nails so I passed it on to someone in need.
A stainless steel spoon, for telling the sponsors (in a page long essay) how wonderful their product was. I still have it, waiting for the first couple to get married. 
A packet of condoms -   I entered the competition found in a ladies room in one of our Malls. I passed it on to a youngster in need.
A hamper of J & J’s Baby Bum Cream, Gripe water and Boxes of breast pads. I don’t have babies or breasts so I passed it on to a mother in waiting.
A skin care kit made by Black is Beautiful.  Luckily I have lots of black friends.





But it seems like luck is coming my way in 2013.  Thanks to my Bontebok and my American friend. 







                  “Anybody can win unless there happens to be a second entry”



Friday, 18 January 2013

NENNA, BOETIE AND A DREAM


A tribute to Nenna. 

As you all know squatter camp people, and in particular the New Rest Camp in Seaview, is very near to my heart. They’ve been part of my life for more than 10 years and it was a very sad day when I bid them farewell.

Nenna walked in to my life as an alcoholic, a mother of a dysfunctional family, jobless, homeless and  hopeless.  Some of the challenges she had to face from day to day were an alcoholic, jobless husband, daughters who became mothers at the age of 13, a son who spent 3 months in jail for stealing food. Kids with positive HIV and TB statuses, child abuse, neglect, drugs .  The social problems in that family were endless. 

One morning I noticed kids picking fresh sour figs (Carpobrotus edulis) in my garden .


 I went down and started talking.  They were bewildered and at first wanted to flee.  They told me all about the wonders of this little fruit that I only knew as Hotnotsvy  - a hardy succulent with beautiful flowers. I realized immediately these kids were underfed, neglected and in a state that no kid should ever be in.

One thing led to another and I met Nenna, their mother and Jimmy, the dad, and the rest of the family.  They stayed in a shack that was about to come down on them.  Nenna and Jimmy spent most of their days drinking and socializing with their friends.  After I’ve met Nenna I realize that underneath the drunkenness hides a wonderful woman.  The daily obstacle she was facing was just too huge for one woman to handle.

“Drinking alcohol acts to exacerbate stress in the long run because rather than dealing with the stressful situation, the drinker will often drink to escape the stress, thus prolonging that which is actually stressing them.”

Ever since the day of the Hotnosvy, I’ve been part of that family.  The road was not always easy – it was a matter of one step forward and three steps back.  There were times that I wanted to give up on them and just walk away – but Nenna’s smile and loving heart gave me the strength to stay put.

They have come a long way in the 10 years and making progress day after day.  Unfortunately one can never make up for the lost years .  Her kids have little or no education, only Boetie her adopted son is still in school.  In a household where it is a daily battle to put food on the table, it’s not easy to keep a kid at school.  Boetie is a keen soccer player and doing very well.  His dream is to be part of Bafana Bafana one day.

I am forever looking for means to make his dream come true.  Not easy in a country where there are a million Boeties.  But I won’t give up..

I am not part of the annual Christmas celebrations as you all know.  I prefer to spend the day with the people in the camp.  Precious moments of pure joy!! My days are empty without them here in Cape Town.  Hopefully I’ll be able to visit them again this Christmas?

Nenna can not afford to pay for Boetie’s soccer outfit, school books or a school uniform. Not even the pen he needs to write an essay. 

But Boetie will keep on dreaming of that one day when he’ll wear the Green and Gold and owns his own soccer ball.  A real Nike, Adidas or a Brine.  But for now a Pep Stores plastic ball will have to do……




                       

                              

Monday, 14 January 2013

VERKEERDE KANT VAN DIE SPOORLYN

Die huis tweede van links met die rooi dak - dis waar ons bly........



Kaap toe die moes ons kom, kom wat wil.  Daar was baie te kom en veel te wil.  Lank en woes gespook om als in plek te laat val. Dit woel vir ‘n vale.

Blyplek en skool  is heel  bo aan die prioriteitslys. Maar die Kaap is vol en vreemd en baie woelig  en die pad werk toe, kerk toe en kroeg toe  hopeloos te lank vir mense wat ly aan ‘n kleindorpie-sindroom van die Oos Kaap.

Dis lekker om so tussen ander mense se vier mure rond te stap en kritiek te lewer.  ‘n Goeie vriend het eendag wyse woorde gese.  “Elke ou het die reg om tussen sy 4 mure te lewe soos hy wil”.  As hy die deur vanaand agter hom toetrek is hy/sy die baas van daai stukkie plaas.

Ek leer vinnig dat spacious verskillende betekenisse het.  Dat  ‘n room with a view nie noodwending Tafelberg of the groot oseaan in gedagte het nie.

Maar ek dwaal af.  Vandag wil ek van spoorlyne praat. En van mense wat bordjies om ander se nekke hang.  Bordjies wat se “Ja ek het my naaste lief want die Groot Boek waaraan ek onverbiddelik glo – sê so.  Maar ek sal om de dood nie saam met jou in dieselfde straat bly nie.”

Veral nie as jou kar op 4 bakstene in jou voortuin staan en die kinders sukkel om die bloukol beentjies weg te steek.  Nimmer as te nooit kan ek jou voor my vrinne my buurman noem.

Waar en wanneer het dit begin.  Toeka al is daar al gepraat van die verkeerde kant van die spoorlyn.  Die armes bly in en om die spoorlyn, want pa werk tien teen een vir die Spoorwee en ons bly in ’n verniet huis. Almal loop skool toe, kerk toe en werk toe.  

Later het dit die bo en onderdorp geword.  Die bodorp het  altyd ‘n ‘skuldbult’ uitbreiding gehad.  Daar het die ouens met die drome gebly.  Tot die bank kom terugvat en die droom in skerwe spat.  Bodorp mense ry die regte karre, dra die regte klere en die kinders neem musiek en ballet. Ma dien op twee komitees  (hier-kom-die-tee) en pa is deel van ‘n raad of ‘n klub. Vandag is dit nog steeds so.  Meeste stede praat van die Suidelike dele, die Northern suburbs, die kant van die N1 of die verkeerde kant van die N2. Die rigting bepaal dan jou status  of jy kwalifiseer om ‘n Jones te wees al dan nie.  Hier in die Kaap wil g’n mens in die Cape Flêts bly nie.  Met rede ook.

Maar vandag – nou en hier het ek ‘n besluit geneem – om nooit as te nimmer ‘n bordjie om iemand se nek te hang nie.  Ek gaan jou aanvaar soos ek hoop jy my gaan aanvaar.  Wanneer ons gestroop word van die glitter en gold en nakend staan, bly net die EK oor.

Wealth does not guarantee happiness. Wealth is impermanent.

Sunday, 13 January 2013

I AM WHO I AM



'n Menslike tsunami.  ‘n Vulkaan van chaos.  Avant Garde beskryf my oudste my.
 - uniek, eksentriek – “they threw the mold away”.   Dis ek.

Goeters wat my die donder in maak.  Onreg – onreg aan vrouens, kinders, mans - enige onreg laat my bloed kook. 


Goed soos ….. Bhurka vroue wat agter ‘n sluier moet wegkruip  oor die manlike wet so se. Mans, en vroue for that matter, wat klappe uitdeel en letsels in die siel laat. Kinders wat swaarkry   -   Mense wat doodgaan van ‘n hongerpyn. Oorlog ..Daar’s nog baie ander goed wat my de moer in maak.‘ n Onregverdige god maak my kwaad  - kwater as kwaad.….Maar soos almal om my is ek ook vasgevang in die resies van die rotte.   Daagliks

As mainstream kan ek nie beskryf word nie. Tog tipies Kreef wil ek alewig nurture.  Al wat horrelpoot en afvlerk voel is moet ek koester en versmoor.


Woorde en musiek doen my siel goed.  Daarom praat ek, skryf ek, sing ek. En ek hou van mense – enige soort.  Van boemelaar tot bodorp tannies met  Duitse motors, labels om die lyf  en ‘n Franse poedel wat deur die tuinjong gewalkies moet word.  Makisaki . 

Natuurlik ‘n overwhelming affection vir die underdog.  En ek gaan soek hulle nie, hulle klop aan my deur en ek maak oop. Mense fasineer my.


 Ek hou van kos – vreemde kos.  Ek wil weet wat ‘n piki bread is en hoe die Bhutanese  kinnertjies …….. kan eet sonder om te skree "My bekkie Brand!!"

Ek is geneig tot kontroversiele gesprekvoering  met feite wat skok. Geniet ‘n debat soos die een wat tans woed.  Jesus had a wife.

Dis ek die. 


I try to color the sun

I try to swim the ocean
I try to touch the sky 

Featured post

FRIENDS 4/70

Friendship is one of life’s most cherished possessions. When it perseveres through the test of time, through decades of development, transfo...