Tuesday 16 July 2013

ENGELAND MISSY EN ME.

Die rit Ingeland toe was een grote ervaring.  Na die mamma-koebaai-soen op Kaapstad lughawe, was dit een lekkerte na die ander vir Missy.  Granny bere hierdie vakansie ook in haar oudag-memory-file.

Die wag vir Emirates  se deure om oop te gaan, was natuurlik heeltemal te lank en duty free gans te duur om aankope te doen. Ons kon darem so ‘n kleinigheidjie met mamma-geld koop en die grootste milkshake in Afrika wegbere.  Selfs met granny se hulp was dit moeilik.

Uiteindelik kom die aankondiging en gee ons ons eerste tree  op die vliegtuig. Missy kon nie die opgewondenheid wegsteek nie.  Almal om ons het saam blinkoog gelag vir haar spontane onskuld.

Gelukkig is dit bedrywig op die vliegtuig die eerste uur of wat en met al die tegnologie aanboord word kleingoed goed besig gehou.  Maar dit was ‘n laaaaaaaaaaang rit Dubai toe.  Die groot verassing het egter nog voorgele.  Daddy ry van Dubai af saam met ons. 

Ongelukkig kom ons ‘n uur laat op Dubai aan en die aansluitingsvlug London toe staan al en enjins warm maak.  Moet se in Dubai word dinge reg gedoen.  Ons word begelei  en hardloop deur sekuriteit, boarding pass rye en al die papierwerk wat gewoonlik tyd neem word so op spoed gedoen.  So hardloop hardloop word ons op’n bus geboender en jaag die met skreeuende wiele om ons tog betyds by daai groot A380 te bring.  24 Afrika-siele  val hygend en swetend op ons sitplekke neer.

Die oomblik was baie grooot toe Missy vir Daddy sien.  Onbeskryflik!! Ek wou nog ‘n kiekie inwerk maar tyd was daar nie.  Sy wou nie haar ogies glo toe sy hom sien nie en skram sku sku weg, maar granny pomp haar ribbes en verseker haar dit is Daddy.

Teen twee uur die oggend kom sy tog tot ruste so tussen granny en daddy.  Die  vroe more land op Heathrow was nogals ‘n belewenis.  Granny was nie baie beindruk met die bekende lughawe nie.  Bedrywig en maar oud en nie naastenby so mooi soos Oliver Thambo en Dubai nie.

Na ‘n kort busrit kry ons die geleende kar en sit ons voet in die hoek suidwaarts.  Granny Sheila is al gaar gewag vir die uitlanders. Eks nog meer teleurgesteld want die land lyk dan nes my eie.  Die snelweg wemel van die karre en elke ou wil so gou as moontlik by sy bestemming kom.  Ek kyk links en regs en sien net bekende goed.  

Na 2 ure se ry begin dinge rondom ons darem bietjie anders lyk.  Ons begin villages sien en oulike huisies en baie smal paaie.  Vrek smal.

Eerste aand in Rooinek land val ons 8 uur in die bed neer  terwyl die son nog vrolik buite skyn.  Ons slaap 10 ure sonder om asem te haal.


Dag een voel ons reg vir al die nuwe ervarings wat wag.  Daddy moet tandarts toe en ons gaan saam.  Alles loop op geoliede wiele en gou gou vat ons die pad Lowesthof toe.  Oulike plekkie vol geskiedenis en ou geboue en nuwes.  Nog nooit so baie mense met tattoos in een dorp gesien nie.  En kinders wat nog pop moet speel loop met babas op die heup.  Goeie genugtig – word hier nie kondome en voorbehoedpille verkoop nie.  Ek skat die land sorg goed vir sy burgers en hul babas.

Ons loop deur mooi parke, speel putt putt en natuurlik wen Missy loshande.  Die see doen my altyd goed al is dit nou die Noorde se see wat erg koud is.  Ek loop met wintergoed aan die lyf,  maar daar doer le die bikini meisietjies en  lyf wys.

Loop, maak mens honger en ons gaan soek ‘n eetplek.  Kry  iets oulik in n park – erg Brits.  Bang vir onbekende disse bestel ek ‘n pannekoek.  Nou ja as pannekoek-kenner kan ek nou vir julle se – dit was die slegste olierigste pannekoek wat ek nog in my lewe geeet het.  Maar eks honger en ek mors nie kos nie. Min weet ek op hierdie stadium wat nog vir my voorle op kosgebied.







Die Pannekoek Poging










......... in Ingeland word dit laat donker.   

Dag 2 is bespreek.  Die Ingelse Granny het vir my ‘n toer deur die St Edmund kerkie gereel, maar eers moet ek al die plaaslike vrinne ontmoet by die maandelikse samekoms.  Almal weet van ons koms en ek ontmoet die interessantste mense.  Van hulle was al in Afrika en vertel hul stories.

Ek sukkel om te hoor want die aksent val swaar op my oor.  Ek ontmoet  en sien baie mense wat ouer as 80 is en natuurlik wil ek weet wat die geheim is.  Moet iets in die lug wees of in die tee.  

 Sheila en Joan, die 80 jarige vikar is Best Buddies.  Al die heilige kamertjies word vir my oopgesluit en die kerk hang dik van geskiednis.  ‘ n Stokoue begraafplaas le uitgesprei om die ou kerkie en vertel stories van Amerikaanse helde wat hier genseuwel het.  Ek luister en neem kiekies.  Ek kom op Suid Afrikaanse goed af – hier in die verre suide van Ingeland in ‘n piepklein kerkie le Afrika- stories.

Die aand word ek bederf oor ek nog n jaar ouer is en my keel trek toe toe ek daai spyskaart voor my het.  Die pannekoek-affere nog vars in my geheue.

Ek lees daai stuk papier van punt a tot z deur en besluit met vis en tjips kan mens nie verkeerd gaan nie.  Dis ‘n spog restaurant en ek wonder so stilweg wat vis en skyfies op die spyskaart soek  - maar ek berus by die feit dat dit die Britte se nasionale dis is. 

Die res van die geselskap bestel hoender en vark en missy ‘n warmbrak.  Mense, toe daai meisie met daai vis om die hoek kom toe weet ek HKGK.  Dit lyk soos ‘n haai wat op daardie bord uitgestal is. En langs daai haai,  le ‘n sak aartappels.   Ek skaam vir my morsdood, maar gelukkig is ons vrinne en vrinne lag maar saam as iemand skaam kry.

Almal het help eet aan daai stuk vis!  Voor ek weer iets van ‘n Ingelse spyskaart af bestel, praat ek eers met die kok.   Dis gewis.

Dag 3 moet ons vroeg opstaan om betyds te wees vir al die winskopies by die baie bekende car boot sales.  Interessante plek en ek koop vir my ‘n pers serp vir ‘n pond. My oog vang die bloedrooi kersies en aarbeie  - ek kry ‘n sak vol vir nog ‘n pond of 2.  Een pond klink beter as vyftien rand.





Middagete is ‘n fees want Daddy kook vir die Afrikaners ‘n tradisionele Sondagmaal - roast, parsnips, Yorkshire pudding en granny sorg vir n pavlova vir dessert.  Beide grannies vrek oor room en soetgoed. 
Ek gaan stap in die buurt rond en hoor net Ingels.  Ek mis my taal.

Dag 4 lyk soos ‘n wonderwerk.  Uiteindelik het die son sy weg gevind na die suide van Engeland.  Oral in die land gaan mense dood van die hittegolf (laat 20’s en vroeg 30’sC), maar hier in die suide langs die kus bly die wolke laag hang.  En vir enige volbloed Afrikaner is dit een te veel.  Ons wil daai son op ons velle voel.

Missy dring aan op n dag op die beach.  En dis dan ook waar ons Afrikanertjies die dag deurbring saam met honderde spierwit getattooeerde lywe.  Jonk en oud paradeer in min en minder as min.  Sterklyk hempies is aan die orde van die dag en bierpensies  pronk  oral rond.


‘n Perske van Spanje met ‘n naam soos Peach Donut  vra om gekoop te word.  Nie sleg nie.  Eintlik vrek lekker.  Ek draai die pit in ‘n papiertjie toe en vat hom saam huis toe.  Wie weet miskien groei hy tog eendag 'on African soil.'


Featured post

A WHALE OF A TIME

I was dressed for the occasion and waiting to embark on an exciting adventure. Ready and eager to set sail on a whale and dolphin-watching t...