Kaap toe die moes ons kom, kom wat wil. Daar was baie te kom en veel te wil. Lank en woes gespook om als in plek te laat val. Dit woel vir ‘n vale.
Blyplek en skool is heel
bo aan die prioriteitslys. Maar die Kaap is vol en vreemd en baie
woelig en die pad werk toe, kerk toe en
kroeg toe hopeloos te lank vir mense wat
ly aan ‘n kleindorpie-sindroom van die Oos Kaap.
Dis lekker om so tussen ander mense se vier mure rond te
stap en kritiek te lewer. ‘n Goeie
vriend het eendag wyse woorde gese.
“Elke ou het die reg om tussen sy 4 mure te lewe soos hy wil”. As hy die deur vanaand agter hom toetrek is hy/sy
die baas van daai stukkie plaas.
Ek leer vinnig dat spacious
verskillende betekenisse het.
Dat ‘n room with a view nie noodwending Tafelberg of the groot oseaan in
gedagte het nie.
Maar ek dwaal af.
Vandag wil ek van spoorlyne praat. En van mense wat bordjies om ander se
nekke hang. Bordjies wat se “Ja ek het
my naaste lief want die Groot Boek waaraan ek onverbiddelik glo – sĂȘ so. Maar ek sal om de dood nie saam met jou in
dieselfde straat bly nie.”
Veral nie as jou kar op 4 bakstene in jou voortuin staan
en die kinders sukkel om die bloukol beentjies weg te steek. Nimmer as te nooit kan ek jou voor my vrinne
my buurman noem.
Waar en wanneer het dit begin. Toeka al is daar al gepraat van die verkeerde
kant van die spoorlyn. Die armes bly in
en om die spoorlyn, want pa werk tien teen een vir die Spoorwee en ons bly in ’n
verniet huis. Almal loop skool toe, kerk toe en werk toe.
Later het dit die bo en onderdorp geword. Die bodorp het altyd ‘n ‘skuldbult’ uitbreiding gehad. Daar het die ouens met die drome gebly. Tot die bank kom terugvat en die droom in
skerwe spat. Bodorp mense ry die regte
karre, dra die regte klere en die kinders neem musiek en ballet. Ma dien op
twee komitees (hier-kom-die-tee) en pa
is deel van ‘n raad of ‘n klub. Vandag is dit nog steeds so. Meeste stede praat van die Suidelike dele,
die Northern suburbs, die kant van die N1 of die verkeerde kant van die N2. Die
rigting bepaal dan jou status of jy
kwalifiseer om ‘n Jones te wees al dan nie.
Hier in die Kaap wil g’n mens in die Cape FlĂȘts bly nie. Met rede ook.
Maar vandag – nou en hier het ek ‘n besluit geneem – om
nooit as te nimmer ‘n bordjie om iemand se nek te hang nie. Ek gaan jou aanvaar soos ek hoop jy my gaan
aanvaar. Wanneer ons gestroop word van
die glitter en gold en nakend staan,
bly net die EK oor.
Wealth does not guarantee happiness. Wealth is
impermanent.
No comments:
Post a Comment