Friday, 9 August 2013

MISSY AND ME IN THE LAND OF THE BRITS


Well what can we say?  Missy and I brought back loads of photos and tons of memories!  From the moment we set foot on the airplane in Cape Town it was excitement, starry eyes and lots of laughter all the way to the UK and after we arrived it was more of the same with the addition of healthy helpings of warmth, good cheer and hospitality.

So, it is only right and well deserving that we say a heartfelt thank you to Daddy, Ouma Sheila and all the UK family for making this possible.  We really had a great time!!  Meeting all of you was super cool and a real treat.  You made us welcome and feel at home and although Granny Africa could not always understand the Suffolk language, we enjoyed every minute of it.  We are grateful for all of you for your kindness, patience and understanding.  I am especially thankful for your outpouring of your attention and affection for Missy.  You even managed to give us a wonderful Christmas in July.

This past year has not been easy for our family.  Mommy was not well, we moved to Cape Town where the schools were choc a bloc and everything seemed  so chaotic and confusing.  It was a far cry from the tranquil and orderliness of our life back in Port Elizabeth.  The traffic alone in Cape Town was a nightmare and made this Granny pretty uptight.

How do we put our British memories in words.  Experiencing so many new things, new places and faces in 23 days, is almost too much.  But here are some of the things Missy and I will remember, talk about and dream about in the years to come.

Long walks and serious talks on British shores and outdoor spaces.



California Beach UK



A walk in the Wild.




































Fun in the summer sun.


Southwold



Riding carousel horses

Pleasurewood


Or Laura’s real ones.








































Meeting the coolest aunt ever and dressing up Molly  was never ending fun!  We finally met the cousins and I must say Missy was chuffed and Granny impressed.





























We turned Ouma Sheila’s house upside down and Scarlett tried to teach Sydney (the 16 year old deaf, blind, sick  and very old Jack Russell) a trick or two.  Of course, without any success.




















We enjoyed ice-creams and Crispy Cream Donuts, Spotted Dick, Yorkshire Puddings, Hobnobs and Daddy’s special Sunday treats.  We had high tea and low tea and heavenly cappuccino moments.





A Magnum Moment














Daddy's a super chef!




















Travelling by bus, by train, by car or on Granny Africa’s neck – was all part of exploring England.  Leaving our footprints on London’s underground was something we had to do at least once.



Waiting for the train to London
Liverpool station










































Bascule Bridge Lowesthof





Hitching a ride


We saw the Queens Castle and a new Prince was born.  We chased randy rabbits, greedy goats, dazzling ducks and squeaking squirrels.  We did not like the Dungeons and Daddy carried his girl for hours on end.  The London Eye was too high and Big Ben was proud to tell us the time.

Buckingham




Big Ben



Buckingham













London Eye




We drove through the country side and saw old churches and castles that are centuries old.  The scars of the wars can be seen in the graves,  memorials and statues  - heroes of the past, tell a tale of it’s own.

Kessingland

Beccles

Beccles











































































                         




                                    We met the locals and found them absolutely awesome.







           We smashed empty bottles at the recycling center in town which was a treat all it’s own.







We discovered a piece of Africa hidden in the South of England.  The beat of the African drums made us miss home.  The Zulus entertained the crowds and my soul said:  I’m proud to be a South African!!







Tattoos are displayed on old and or young and shoppers and seniors drive around in funky mobility scooters.




We traveled on highways and byways, we strolled through alleys and valleys and played in the park.
















Hyde Park

Unfortunately, nothing is permanent.  We are safely back home in our beloved Africa
.
Back to the future.

                                       Reality. What a concept.

                                                                       But, the adventure continues.





Tuesday, 16 July 2013

ENGELAND MISSY EN ME.

Die rit Ingeland toe was een grote ervaring.  Na die mamma-koebaai-soen op Kaapstad lughawe, was dit een lekkerte na die ander vir Missy.  Granny bere hierdie vakansie ook in haar oudag-memory-file.

Die wag vir Emirates  se deure om oop te gaan, was natuurlik heeltemal te lank en duty free gans te duur om aankope te doen. Ons kon darem so ‘n kleinigheidjie met mamma-geld koop en die grootste milkshake in Afrika wegbere.  Selfs met granny se hulp was dit moeilik.

Uiteindelik kom die aankondiging en gee ons ons eerste tree  op die vliegtuig. Missy kon nie die opgewondenheid wegsteek nie.  Almal om ons het saam blinkoog gelag vir haar spontane onskuld.

Gelukkig is dit bedrywig op die vliegtuig die eerste uur of wat en met al die tegnologie aanboord word kleingoed goed besig gehou.  Maar dit was ‘n laaaaaaaaaaang rit Dubai toe.  Die groot verassing het egter nog voorgele.  Daddy ry van Dubai af saam met ons. 

Ongelukkig kom ons ‘n uur laat op Dubai aan en die aansluitingsvlug London toe staan al en enjins warm maak.  Moet se in Dubai word dinge reg gedoen.  Ons word begelei  en hardloop deur sekuriteit, boarding pass rye en al die papierwerk wat gewoonlik tyd neem word so op spoed gedoen.  So hardloop hardloop word ons op’n bus geboender en jaag die met skreeuende wiele om ons tog betyds by daai groot A380 te bring.  24 Afrika-siele  val hygend en swetend op ons sitplekke neer.

Die oomblik was baie grooot toe Missy vir Daddy sien.  Onbeskryflik!! Ek wou nog ‘n kiekie inwerk maar tyd was daar nie.  Sy wou nie haar ogies glo toe sy hom sien nie en skram sku sku weg, maar granny pomp haar ribbes en verseker haar dit is Daddy.

Teen twee uur die oggend kom sy tog tot ruste so tussen granny en daddy.  Die  vroe more land op Heathrow was nogals ‘n belewenis.  Granny was nie baie beindruk met die bekende lughawe nie.  Bedrywig en maar oud en nie naastenby so mooi soos Oliver Thambo en Dubai nie.

Na ‘n kort busrit kry ons die geleende kar en sit ons voet in die hoek suidwaarts.  Granny Sheila is al gaar gewag vir die uitlanders. Eks nog meer teleurgesteld want die land lyk dan nes my eie.  Die snelweg wemel van die karre en elke ou wil so gou as moontlik by sy bestemming kom.  Ek kyk links en regs en sien net bekende goed.  

Na 2 ure se ry begin dinge rondom ons darem bietjie anders lyk.  Ons begin villages sien en oulike huisies en baie smal paaie.  Vrek smal.

Eerste aand in Rooinek land val ons 8 uur in die bed neer  terwyl die son nog vrolik buite skyn.  Ons slaap 10 ure sonder om asem te haal.


Dag een voel ons reg vir al die nuwe ervarings wat wag.  Daddy moet tandarts toe en ons gaan saam.  Alles loop op geoliede wiele en gou gou vat ons die pad Lowesthof toe.  Oulike plekkie vol geskiedenis en ou geboue en nuwes.  Nog nooit so baie mense met tattoos in een dorp gesien nie.  En kinders wat nog pop moet speel loop met babas op die heup.  Goeie genugtig – word hier nie kondome en voorbehoedpille verkoop nie.  Ek skat die land sorg goed vir sy burgers en hul babas.

Ons loop deur mooi parke, speel putt putt en natuurlik wen Missy loshande.  Die see doen my altyd goed al is dit nou die Noorde se see wat erg koud is.  Ek loop met wintergoed aan die lyf,  maar daar doer le die bikini meisietjies en  lyf wys.

Loop, maak mens honger en ons gaan soek ‘n eetplek.  Kry  iets oulik in n park – erg Brits.  Bang vir onbekende disse bestel ek ‘n pannekoek.  Nou ja as pannekoek-kenner kan ek nou vir julle se – dit was die slegste olierigste pannekoek wat ek nog in my lewe geeet het.  Maar eks honger en ek mors nie kos nie. Min weet ek op hierdie stadium wat nog vir my voorle op kosgebied.







Die Pannekoek Poging










......... in Ingeland word dit laat donker.   

Dag 2 is bespreek.  Die Ingelse Granny het vir my ‘n toer deur die St Edmund kerkie gereel, maar eers moet ek al die plaaslike vrinne ontmoet by die maandelikse samekoms.  Almal weet van ons koms en ek ontmoet die interessantste mense.  Van hulle was al in Afrika en vertel hul stories.

Ek sukkel om te hoor want die aksent val swaar op my oor.  Ek ontmoet  en sien baie mense wat ouer as 80 is en natuurlik wil ek weet wat die geheim is.  Moet iets in die lug wees of in die tee.  

 Sheila en Joan, die 80 jarige vikar is Best Buddies.  Al die heilige kamertjies word vir my oopgesluit en die kerk hang dik van geskiednis.  ‘ n Stokoue begraafplaas le uitgesprei om die ou kerkie en vertel stories van Amerikaanse helde wat hier genseuwel het.  Ek luister en neem kiekies.  Ek kom op Suid Afrikaanse goed af – hier in die verre suide van Ingeland in ‘n piepklein kerkie le Afrika- stories.

Die aand word ek bederf oor ek nog n jaar ouer is en my keel trek toe toe ek daai spyskaart voor my het.  Die pannekoek-affere nog vars in my geheue.

Ek lees daai stuk papier van punt a tot z deur en besluit met vis en tjips kan mens nie verkeerd gaan nie.  Dis ‘n spog restaurant en ek wonder so stilweg wat vis en skyfies op die spyskaart soek  - maar ek berus by die feit dat dit die Britte se nasionale dis is. 

Die res van die geselskap bestel hoender en vark en missy ‘n warmbrak.  Mense, toe daai meisie met daai vis om die hoek kom toe weet ek HKGK.  Dit lyk soos ‘n haai wat op daardie bord uitgestal is. En langs daai haai,  le ‘n sak aartappels.   Ek skaam vir my morsdood, maar gelukkig is ons vrinne en vrinne lag maar saam as iemand skaam kry.

Almal het help eet aan daai stuk vis!  Voor ek weer iets van ‘n Ingelse spyskaart af bestel, praat ek eers met die kok.   Dis gewis.

Dag 3 moet ons vroeg opstaan om betyds te wees vir al die winskopies by die baie bekende car boot sales.  Interessante plek en ek koop vir my ‘n pers serp vir ‘n pond. My oog vang die bloedrooi kersies en aarbeie  - ek kry ‘n sak vol vir nog ‘n pond of 2.  Een pond klink beter as vyftien rand.





Middagete is ‘n fees want Daddy kook vir die Afrikaners ‘n tradisionele Sondagmaal - roast, parsnips, Yorkshire pudding en granny sorg vir n pavlova vir dessert.  Beide grannies vrek oor room en soetgoed. 
Ek gaan stap in die buurt rond en hoor net Ingels.  Ek mis my taal.

Dag 4 lyk soos ‘n wonderwerk.  Uiteindelik het die son sy weg gevind na die suide van Engeland.  Oral in die land gaan mense dood van die hittegolf (laat 20’s en vroeg 30’sC), maar hier in die suide langs die kus bly die wolke laag hang.  En vir enige volbloed Afrikaner is dit een te veel.  Ons wil daai son op ons velle voel.

Missy dring aan op n dag op die beach.  En dis dan ook waar ons Afrikanertjies die dag deurbring saam met honderde spierwit getattooeerde lywe.  Jonk en oud paradeer in min en minder as min.  Sterklyk hempies is aan die orde van die dag en bierpensies  pronk  oral rond.


‘n Perske van Spanje met ‘n naam soos Peach Donut  vra om gekoop te word.  Nie sleg nie.  Eintlik vrek lekker.  Ek draai die pit in ‘n papiertjie toe en vat hom saam huis toe.  Wie weet miskien groei hy tog eendag 'on African soil.'


Wednesday, 13 March 2013

OOR SUSSIES WAT TE GOU DOODGAAN


Vanoggend toe ek wakker word, met weereens ‘n diep donkerte hier in my siel, toe weet ek dis tyd dat ek hieroor skryf.   Woorde doen my goed.  Praat hieroor kan ek nie, sing sal nie werk nie, so ek skat skryf is die enigste opsie.

Toe ons nog vier was.
Ek sal lieg as ek sê ek is nie bietjie kwaad oor my sussies my alleen agtergelaat het nie.  Kleintyd al het ek hulle die Leviete voorgelees en gevra om dit nie te doen nie.  Maar ek glo ook dat dit nie hul bedoelinge was nie – min mense gaan opsetlik dood.

Die dag toe A. my oor die foon meedeel dat Ria Mesetilioom het en dat sy geen, maar geen kans het om gesond te word nie, het ‘n stukkie van my siel doodgegaan.  Ons was buddies – kleintyd tot groottyd.  

Saam het ons kinderjare armoede oorleef en ontvlugting uit Prieska gesoek deur te trou.  Saam het ons rooi hakskene gekry, mammas geword, huwelike trotseer en toekomsdrome gedroom.  Ons was lief vir mekaar. 
 
Ria die Mooi Sussie
Sy was pas 40 – sussies gaan nie dood op 40 nie.  Ons moes saam oud geword het, saam gaan rocking chair ry het in die oue-tehuis.  Maar nee! ..Toe moes die  verdomde asbes sy ystervingers in haar longe kom plant en aanhou groei tot haar long een klipharde stuk yster is. Ria – die een met die stukke goud in haar hart. Die mooi sussie, die baba sussie.  My sussie!!

Cape Blue Mines was ‘n Britse maatskappy en bestaan vandag gelukkig nie meer nie, maar hulle het kom neem wat nie aan hulle behoort het nie.  Verwoesting kom saai. Die Grieke het hierdie asbes die wonder metaal gedoop. Die Asbes-storie was voorbladnuus wêreldwyd en het selfs ‘n draai by die Waarheids en Voorsienings Kommissie gemaak. Brindaweni Naidoo van Mining Weekly noem dit ‘n ‘Medical Time Bomb’.  Tereg ook. Die asbes-stofwolk van destyds hang vandag nog oor Prieska. Vandag word hy die doods-wolk genoem.

Die rou proses vat lank, soms jare.  Ek het gestoei om kinders groot te maak, ‘n stormagtig verhouding te oorleef, ‘n voltydse, uitmergelende werk te behartig en tussen in te rou oor ons kleine Mier.  Kleintyd die naam gekry oor sy so woelig was.  Maar eendag word jy wakker en besef die ergste pyn is tog bietjie beter en ek kon weer na ons jongmeisie-Kimberley-kiekies kyk met ‘n glimlag.  Die roof  was af, maar die letsel het bly sit.

Life goes on al wil jy roep “Wêreld staan stil ek wil afklim!!”.

Vier jaar later word Susan siek.  Sy word sommer baie siek en ons wil nie die waarheid aanvaar nie.  EK WIL DIT NIE AANVAAR NIE.  Nie nog ‘n Mesetilioom nie.  Sy het minder veggees as Ria en sien nie kans vir 4 jaar se chemo en bestralings marteling  nie.  Ek stap die 9 maande, dag vir dag, saam met haar.  Ek is kwaad en sy  nog kwater.  Ek doen wat gedoen moet word, maar binne my skeur ek in stukkies. Sy sterf 9 maande na haar diagnose. Ek trek die wit laken saggies oor haar vervalle gesig.  FINAAL.

Susan, die Wildeloot

Teen hierdie tyd is my verhouding nog meer stormagtig en die kinders en werk meer veeleisend.  Ek cope nie meer nie.

Haar begrafnis is ‘n marteling en ek belowe myself  dat ek dit nooit aan my naasbestaandes sal doen nie.  Geen begrafnis vir my nie.

My rouproses vat weereens lank, want ek sukkel met skuldgevoelens.  Skuld oor ek miskien te min gedoen het vir my ou sus. Haar huwelik was net so stormagtig en beland finaal op die rotse kort voor haar siekte.  Nog ‘n sus wat te gou sterf.  Verdomp!!

Life goes on – once again en die wêreld gaan nog steeds nie stilstaan sodat ek kan afklim nie. 

Gelukkig vir my is Ousus nog daar.  Die stabiele een, die altyd in beheer een, die sterk een.  Nie verniet ‘n Leeu nie. Die asbes-monster dwing ons nader aan mekaar.  Ons huil op mekaar se skouers oor ons sussies wat weg is, ons wonder oor die hoekoms en waaroms en ons kuier ‘n hond uit ‘n bos uit as ons die dag bymekaar kom.

Ons leer van vooraf lag. Lag oor ons hartseer en oor ons kwaad  -  oor dinge nie verloop soos ons dit wil hê nie.

Antjie se lewe lyk goed.  Sy trek see toe om op haar oudag skulpies op te tel en na die Afrika son te staar as hy sak.  Nêrens op aarde sak die son so mooi as hier in die suide nie.  Ons praat amper daagliks oor al die lekkertes van die lewe, die hartsere wat ons oorkom het en die oudag-toekoms wat vir ons wag.  Ons gaan saam die rocking chair in die oue-tehuis ry.  

Tot die dag toe sy bel en sê “Sus ek het Kanker” .  Mens sou reken dat ek teen die tyd al opgewasse behoort te wees teen sulke oproepe – toe nie.  Ek word sommer net daar vir haar kwaad en vaar uit teen al die witbrood wat sy ge-eet het, al die jare wat sy te hard gewerk het vir ‘n dokter en sommer nog baie ander goed oor ek regtig egtig kwaad is.

Moedig  stry sy hierdie K-stryd. Die pad was nie maklik nie. Sy't min gekla - bitter min vir iemand wat so baie, baie siek was.   Gelukkig vir haar het sy ‘n wonderlike gesin wat haar deur die donker dae dra.  Saam huil ons, wonder ons en hoop ons. Die wat glo, bid.  Selfs die wat nie glo nie, bid. My hele wese voel donker. Ek stoei om hierdie een te verwerk.  Ek wil so graag saam met haar glo dat sy gesond gaan word, maar toe ek die dokters-verslae deurlees toe weet ek, haar tyd op aarde is verby.   Haar uurglas gaan vinnig leegloop.  Die dokters belowe 2 jaar, meer en selfs 15,  maar die groot K wen nog ‘n rondte.

Gelukkig het ek die voorreg gehad om haar gesig in my hande vas te hou toe sy sterf en haar hartseer oë saggies te kon toemaak, terwyl ek stadig die laken oor haar gesig trek.  FINAAL!!

 Patat (haar kleintyd troetelnaam) is nou by Mier en die res van die familie.

Ek mis jou so Antjie.   Ek mis jou lag – ons lag.
Ek mis jou lag Antjie

                Al wat oorbly is die onthou.
Die 10c wat jy my kleintyd betaal het om ‘n maand lank jou skoene skoon te maak.
Die souskluitjies (sy was ‘n Meester in souskluitjies maak) wat flop toe jy dit vir my wou demonstreer
Die laatnag oproepe toe ek na 20 jaar weer alleen op my voete moes staan en jy moed inpraat.
Die aand toe jy saam met my wakker bly om my kind veilig  uit Dubai te kry.
Ek onthou ons enerse gebreide rokke wat vir Krismis gekoop is.
Ek onthou die mussie wat jy geirriteerd rondskuif toe jy so siek was.
Ek onthou hoe ons kon lag en huil tussen die wyn en morfien.
Ek onthou jou lag Antjie – ek hoor hom snags as ek rondrol en wonder hoe ek alleen gaan oud               word.

Ek sukkel nog om na jou kiekies te kyk, maar ek glo die roof sal afval en dan gaan daar nog vele lekkertes oorbly om te onthou.






Maar soms is onthou nie genoeg nie.
Vir wie moet ek bel as ek my doodstyding kry, Antjie?. Vir wie, vra ek jou? 


               
               
            



Tuesday, 12 March 2013

AS OUMA JUFFROU WORD



 Nee kyk, as iemand – maak nou nie saak wie nie – ‘n jaar terug sou sê dat ek, hierdie einste ek eendag ‘n skooljuffrou sou word, sou ek daardie iemand in sy of haar gesig uitgelag het.  Ek was nog nooit ‘n teacher nie, wou nooit een wees nie en so by so hou ek nie van onderwysers nie.  Kleintyd herinneringe skat ek.  

 Gee my ‘n sieke en ‘n kranke, enige ou met ‘n skeet, kwaal of geit en ek nurse hom of gesond of reguit graf toe.  Maar om vir kinders te vertel dat een plus een twee is en dat ek voor my heilige siel weet dat dit nie altyd waar is nie, dit kon en wou ek nog nooit doen nie.

Miss Dandelion

Maar soos die ou noodlot maar met ons werk, beland daar  allerhande stompe op ons pad en oor die moet ons oor.  Die skole in die Kaap is tjok-en-blok vol.  Nie ‘n gaatjie vir ‘n siel nie.  Ons smeek en vra mooi en dreig en oorweeg selfs om die klein Britjie in ‘n Afrikaanse skool te sit, maar niks en nêrens is daar ‘n leë stoel vir Missy nie.  Die klaskamers is tot oorlopens toe vol.  Hoe een juffrou 40 woelige graad tweetjies kan leer spel of tel, gaan my verstand te bowe.


Pouse
Maar skool die moet sy hê en al genade is dat ouma en mamma maar die ding moet doen.  Mammie is die slim een en was al iewers in ‘n ver en vreemde land ‘n teacher vir kindertjies wat sukkel om Ingels te praat.  Maar ouma?– nog nooit.  Bystand met huiswerk, so hier en daar ‘n taak vir boet of sus gedoen en ‘n resitasie geleer, maar verder niks.  Moet sê iewers in Granny se  loopbaan was die woord Training Officer ook op haar pligtestaat, maar dit het niks met skoolhou te doen nie.  Daar  staan jy voor ‘n klomp intelektuele siele en vertel hulle goed wat hulle reeds weet. 


Ek dwaal af. Die boeke word bestel en na ‘n lang wag (danky ‘n Poskantoor staking) arriveer dit uiteindelik.  Ek en Missy maak die pak opgewonde  oop en Oeee en Aaaaah vir ‘n vale.  Maar ouma se hart word al hoe swaarder.  Sy sien goeters daar wat g’n sin maak nie.  Goeters wat sy lankal vergeet het en goeters wat sy nie eens geweet het kinders mag weet nie.  Maar sy wys nie haar vrese vir Missy nie. 

Laataand stuur die nuut aangestelde grasgroen juffrou, boodskappe die wêreld in vir al haar onnie-pelle, familie en sommer wildvreemdes ook.  En almal gee raad en praat moed in. 

            Dankie!!

Saam pak ons tweetjies hierdie nuwe uitdaging aan en kort voor lank is skool nie meer ‘n monster nie en ons besef...........

                tuis onderrig kan alte voordelig wees. 






   
Opelug Klaskamer
                Mens hoef nou nie noodwendig douvoordag Kellogg's Cornflakes
                of 'n roereier in te wurg nie.
                Mens hoef nie jou skoolskoene elke aand te poets nie
                Mens hoef nie kosblikke en skooltasse te pak nie.
                Mens vergeet nie ‘n boek, swemklere
              of  jou lunchbox by die huis nie.
              En Granny hou nie nael-inspeksie nie – 
              inteendeel sy moedig die gebruik van
              naelpolitoer ten sterkste aan. 
              Mens hoef nie daai aaklige warm 
              skooluniform te dra nie.
              Mens kan gaan piepie wanneer jy wil 
              en water drink en oumie gee nie om
              as ons so tussen die somme deur ‘n 
              hap aan die appel vat  nie.  Solank 
              ons net nie boeke bemors nie .
              Maar ons moes al ‘n bladsy
              uitskeur na so ‘n klein glipsie – 
              ‘n baie klein enetjie moet ek by sê.


Binnenshuise klaskamer


Maar nouja, hoe dit oor ‘n jaar sal gaan as ons verantwoording moet doen, sal ons tweetjies nie nou al kan sê nie, maar so far so good soos die Ingelse sê.  Ons skryf en doen somme, ons lees en ons pak binne en buite projekte aan en leer so saam-saam. Soms val daar harde woorde tussen leerling en onnie, maar ons maak gou vrede.  Kiss en make-up kom maklik tussen die twee van ons. 

                                   Sealed with a piece of chocolate cake of course.

Onderkry die gaan die Departement van Onderwys in Suid Afrika ons nie.  Missy gaan skool kry, kom wat wil. 

Die prysuitdeling aan die einde van die jaar gaan ‘n spoggerige geleentheid wees. Ek vermoed Missy gaan eerste in haar klas staan en met ‘n Baie Blink Beker soos 'n regte BBP -  (Baie Belangrike Persoon),  kamer toe stap. Haar naam gegrafeer op die goud.

Hoop net nie Granny dop Sub B nie. 
               

Thursday, 7 March 2013

MONTAGU MEMORIES


Verreweg  die lekkerste prys wat ek nog gewen het.  Twee salige dae van niksdoen  en leegle.  Missy en ek het vroe more die pad uit die Kaap gevat en al met die mooi roete langs, oor die passe en deur die klowe na Montagu gery. Geskaterlag oor die bobbejane met die lelike leerboude en tonge geknoop om DuToitskloofpas, Hexriviervallei en Kogmanskloof soos ‘n Afrikaner agter ouma aan te se.  Dit is moeilike woorde vir ‘n klein Brit.

 Singende en lerende (want dit is immers ‘n skooldag) en stoppende  - by elke padstal wat meer as 3 vlaggies het.  Dis gawe mense wat in hierdie omgewing bly.  Sommige lag oopmond-uittand en verwelkom ons met sulke opregte warmte. Kan amper nie glo  dieselfdes het onlangs nog  klippe gegooi en tyres gebrand  nie.  Ek  het  egter simpatie met hulle.  G’n mens kan ‘n gesin met ‘n R100-noot vir ‘n dag voed, klee en skoolgee nie.  Al koop jy Pepstores tekkies en skaap-afval by die slaghuis.  

Die mense by ontvangs is net so vriendelik – opreg vriendelik – hulle wag al van vroeg af dat ons moet inboek. Die huisie is pragtig skoon en ‘n stukkie groen  malva uit die tuin pronk op die koffietafel.  Ek voel sommer goed oor my kiekie die prys gewen het.  Net hier en nou belowe ek myself om volgende week weer in alle erns aan al wat kompetisie is deel te neem..  Mens kan  lewe met so ‘n verniet-wegbrekie hier in die middel van die week – in die middel van die maand en in die middel van ‘n skoolkwartaal. Tuis-ondderig het sy voordele.

Ek en Missy moes eers stop vir proviand en Checkers op die hoek sorg vir kos op ons tafel.  Ons gaan natuurlik nie ure voor die kospotte staan nie, so hotdogs en MSG-Noedels werk goed.  Roomys sorg vir die kalsium, proteine, hier en daar ‘n mineraal en koolhidraat, maar meestal eet mens Magnums oor dit lekker is
.
Missy stel haarself  met die intrapslag aan as die leier – le die reels neer en laat my goed verstaan sy is Mommy terwyl ons hier is.  En mammies maak die reels..  Sy help fluks die kar uitdra en deps die ‘bed for two people’.  Granny het nie ‘n probleem om tweede viool te speel nie.

Na tee en Checkers se Bakers Koekies verken ons ons omgewing en ons besef dis mooi en lekker.  Dit baljaar te lekker in die poele, tel maatjies op en ry die skoppelmaai en swaaie met gille van plesier. Die maatjies is meestal plaasboerbulletjies uit die omgewing.  Hulle speel rof en praat ‘n Afrikaanse Engels.  Dis tone-kry-lekker toe 250 ganse gevoer word.  Die oord se manier om nog meer vir sy gaste te doen.
Voor 8 kom ‘Mommy Missy’ vir granny inlig dis slapenstyd.  Ons is gedaan.  Die reis in die warm kar, die swem, die buitelug – die suurstof hier ruik anders as in die Kaap –  alles dra by om  ons te dwing om mekaar vroeg in te tuck.

Hiers nie internet nie – die televisie het net een kanaal en musiek is beperk tot  mantras op ouma se skootrekenaar. Maar dis lekker om weer soos van ouds ander dinge te doen om die aand om te kry. Ons drink melk uit wynglase en eet warm rolletjies en gemmerkoekies.   Buite begin die naggeluide hoorbaar word.  Die stilte het klank.  Hier kan mens wragtag horingoud word – sonder stres.  More gaan ons die een-perd-dorpie-verken. Montagu is  pragtig en so ook sy mense.  ‘n Dorp wat omring is met berge kan mos nie anders as mooi wees nie.  So ‘n rustige mooi. 

Natuurlik loop die geskiedenis ook dik deur die dorp en sy omgewing. Die ou Engelse Fort (Fort Sydney) is as Nasionale Monument verklaar.  Staan al sedert 1899 bo op die ou tonnel. Verder spog Montagu met 14 Nasionale Monumente, ‘n museum en Joubert Huis wat in 1853 gebou is.

Hiers wingerde en warm bronne,  gedroogde vrugte en varses van die boom af. Hiers trout en olywe, kuns en hope kultuur.  Wyn van hier, daar en oral word sommer op die straathoek en stal verkwansel.

‘n Toer op ‘n donkiekar word aanbeveel, maar die loop net op ‘n Woensdag en Saterdag want die donkies moet rus en stamina opbou. Waar het ons die donkie-kar-toerbus-idee gesteel.  Griekeland of Indie of ons eie karretjie-mense van die Noordkaap?

Die boom by die Leiwaterdam met 52 soorte  voels klink vir my na die regte plek om more se Magnum te gaan sit en eet. 

Maar al hierdie lekkertes gaan ook maar tot ‘n einde kom en al wat saamgaan huis toe is die kiekies wat in die ‘memory-file’ gebere gaan word.  Oudag memories.



Eendag, ver in die toekoms, moet Missy  se memory-file vol lekker  granny stories wees.  Eendag wanneer sy bedtydstories vir haar en haar plaasboerbulletjie se kinders vertel.

Featured post

FRIENDS 4/70

Friendship is one of life’s most cherished possessions. When it perseveres through the test of time, through decades of development, transfo...