Monday, 27 July 2015

FOODS OF THE NAMIB

A visit to Namibia is not complete unless you have tasted some of the very authentic foods sold at street markets which are harvested from the veldt (unimproved rural land) and cooked by the locals. Like South Africa, Namibian cuisine is a fusion of tastes from both colonial and native peoples. There are 11 ethnic groups in Namibia: the Himbas, Hereros, Damara, Namas, Topnaars, Rehoboth Basters, Coloureds, Caprivians, San, Tswanas and Whites (which are generally of Dutch, Portuguese, British and German origin).

On my recent visit, I was introduced to some of Namibia’s not so common foods and fruits. Katutura is a township on the outskirts of Windhoek, the capital of Namibia. It is a buzz with street markets, bars, music and people socializing and enjoying the foods sold and prepared on the sidewalks and in humble homes.

One of the most popular and favorite street foods found in Katutura and the rest of the country for that matter, is Kapana. (grilling meat, mostly beef, on an open fire). Because it is so popular amongst the locals, as well as visitors, there are chefs or Kapana men as they are called, on every street corner and in between. The price can easily be negotiated not only because of tradition, but because of the highly competitive market. The cooking does not take long and the meat is ready in 5 to 10 minutes. Therefore, socializing whilst waiting for your order to be cooked is customary.

Namibians traditionally live near the earth and rely on the land for food and sustenance. Fruits, berries and seeds, especially, are used in every possible way to supplement the traditional Namibian diet. Embe and Ovambo berries are two such foods of the veldt which are typically used in several Namibian dishes.

Mahangu or pearl millet, also called ''Manna of the North” in Namibia, is a staple food for many Namibians. The grain is grown in the northern parts of the country, dried, ground and mostly used to cook a porridge called oshifima. The popular oshikundu, a fermented drink, is also made of the flour. 

On one of my previous visits to Namibia, I was introduced to the monkey orange or strychnos spinosa. Its flesh is very juicy with a sweet and sour taste. The fruit also has great medicinal value and popular as an antidote for snakebite and very effective in the treatment of constipation.

The Omulunga or Makalani is another very popular snack, especially amongst the Ovambos and Himba tribes. The golf ball-size fruit is eaten raw or used to make Ombike, a brew that is similar to whiskey. The inner core is carved by the locals and some of the most interesting pieces of art, derived from the humble seed, can be found in the curio shops and street markets.

I have not tasted the Omajove (wild mushroom) or termite hill mushroom as it is referred to, but was told it is a real treat. This fungus has a very short shelf-life and is seldom found in stores and mostly sold at roadside stalls. It is harvested early in the morning and sold on the roads outside Windhoek en route to the north. Unlike its brother the Nabba, which is generally smaller, the Omajove can grow up to 1 foot in diameter.
But, the highlight of my visit was indeed eating the Nabba or desert truffle as it is called. It is a delicacy which grows under the sand and needs the expert eye of the Nama people to spot the correct place to dig for this treat. It also has a very short shelf-life (April/May after good rains).  Nowadays it can also be found on the menus of some of Namibia's top restaurants. Eaten fresh is of course best, but it can be frozen or bottled with great success. 
This is just the tip of the iceberg when it comes to indigenous food of Namibia and I hope to do a follow-up on this blog and bring you more.


 GALLERY





Katutura

Bar in Katutura
Kapana men in action 



Berries and nuts
Makalani nuts



Grinding millet

A new friend

Millet Flour

Pearl Millet

!Nabbas








Tuesday, 14 July 2015

DIE BOOMWINKEL IN DIE PARADYS




                                                                                                          Die Wals



Daar word al eeue lank oor weduwees geskryf, gespot, gedig en gesing. Oor die algemeen is weduwees vriendelik, viets, ryk en gewild. Die weduwee waaroor ek vandag wil skryf is vriendelik, viets, ryk en gewild in gee en omgee. 

Soos dit ‘n weduwee betaam het sy ook met neergeslane oë en donker tabberds die rou-proses sy gang laat gaan.  Maar op ‘n dag word die weduwee wakker en besef dat haar geliefde nooit weer saam met haar gaan lepellê, stukkende gloeilampies vervang of rose aandra nie. Dis toe dat sy haar vensters en klerekas  wyd oopgooi, die somber rokkies vir die armes uitdeel en die motbolle by die agterdeur uitvee.  Die kredietkaart word afgestof en sy sit af winkels toe vir vrolike serpies en bont stewels en sy pluk lentebloeisels vir die blompot in die voorhuis.

Geld vir ‘n Hannon make-over is daar nie, want die oorblygeld, nadat die ontvanger met die boedel afgereken het, moet lewenslank hou. Die bedroefde weduwee verander egter oornag in n vietse vlinder wat ‘n nuwe nessie vind, waar sy tot haar dood toe dolgelukkig gaan woon. ‘n Huisie weg van die rumoer van die stad. ‘n Huisie waar sielsvrede van kamer tot kamer sweef. ‘n Huisie waar voëltjies broodkrummetjies op die voorgras eet en die bure vetkoek en skinderstories aandra.  Haar eie paradys-huisie.

Wat die weduwee egter nie weet of raai nie, is dat daar in die einste paradys alreeds ‘n handvol wewenaars gretiglik sit en wag op hul prooi. Soos elke nuwe weduwee wat die poorte van die paradys binnegaan, word sy ook met ‘n ekstra groot vergrootglas bekyk, bespreek en volgens boudjies gegradeer. Wewenaars wat lankal vergeet het hoe ‘n ‘White Linen’ of ‘Red Door’ ruik,  hoe sag ‘n vrou se hand voel as dit op sy bo-been rus of hoe warm sy hart klop as sy beminde hom gang af lei.

Nietemin, soos dit enige ordentlik weduwee betaam, skaf jy vir jou ‘n hond, kat, vis of voël aan om die lang ure van eensaamheid meer draaglik te maak. ‘n Kat is n slaapdier, met min werk en van geen nut vir ‘n eensame weduwee nie. ‘n Voël het weer ander nadele, soos vloek en raas as die weduwee wil slaap of die dominee kom huisbesoek doen. Visse aan die anderkant kommunikeer glad nie. Al uitweg was dus maar ‘n hond. Natuurlik mag niemand die hond ‘n hond noem nie, of brak of met enige neerhalende woord na die gediertetjie verwys nie. Hierdie hond is ‘n ordentlike hond. Opreg sê ek jou, baie opreg. Soos enige hond, moet die enetjie gereeld straat op en straat af oefening kry om van die oortollige energie onslae te raak.  En dit is presies waarvoor die handvol wewenaars natuurlik geduldig sit en wag.

Nou moet ek bysê dat selfs die wewenaars uit idees raak oor hoe om die vietse, vriendelike weduwees in hul web te vang. Hulle kan tog ook maar net soveel keer voorlangs gras sny of die sipresboompie op die sypaadjie snoei. Maar boer maak ’n plan en een slim wewenaar open vir hom ‘n winkel onder ‘n boom. Daar smous hy met allerhande weduwee-lokmiddels. Hy sorg dat sy boom-winkel elke oggend vars produkte aanbied. Netjies verpak in weduwee-grootte-pakkies. Billike pryse, amper kosprys sê ek jou, want die weduwees moet terugkom vir meer aartappels, meer uie, eiers en lemoene.

Die slim wewenaar het egter nie rekening gehou met die feit dat dit wemel van wewenaars in die paradys nie.  Die ander het gou deur sy plan gesien en vroe-more gaan inloer en skinderstories uitruil by die boomwinkel.  Kort voor lank is stoele en tafels nadergesleep en die boomwinkel word ‘n gesellige kuierplek. 

Die kompetisie is egter baie groot, want nie al die weduwees het heuningby lyfies nie. Elke wewenaar van die paradys wil sy hand of hande op die vietse vrolike weduwee lê.  Maar dis hier waar ek ‘n ding sien kom. Daar’s klaar 'n bekgeveg aan die gang oor wie nou eintlik die gelukkig een gaan wees wat die weduwee se hart, guns en soetkoekies gaan wen.

Die arme vietse weduwee is egter nie net die hoof besprekeningpunt op die wewenaars se daaglikse boom-vergadering nie, nee, die weduwees met die nie-so-vietse lyfies en spataar-beentjies hou vergaderings van ‘n ander aard.  Vergaderings waar die nuwe intrekker met die vietse lyfie bespreek en veroordeel word. Die vietse weduwee het die kalklig kom steel en hulle, die nie-so-vietse weduwees se koekies- en melktert-aandraery boomwinkel toe, help tans niks.  Die wewenaars is almal op ‘n Banting-diet vandat die vietse weduwee die paradys betree het. 

Ek wil nou nie spoke opjaag nie, maar kort voor lank gaan daar ‘n tragedie onder daai einste boom afspeel. Swaardgevegte het eeue gelede al uitgesterf, vuisgevegte kan die stomme manne nie meer bybring nie, want die kragte is min en die vuiste vol rumatiek.  Daar sal ander metodes gevind moet word om die swakkelinge uit te skakel. 

Natuurlik is die vietse weduwee van g’n sout of water bewus nie. Sy wil eintlik net aartappels koop.








Die Winkel

Die Weduwee

Featured post

The Bright city.

  Medina al-Zahra, also known as the 'Bright City', is a must-visit destination for archeology enthusiasts . It boasts exceptional p...