ek huil in my hart
my siel is morsdood
ek’s kwaad
verpletter verslae
die feestyd oorvloed
stu in my op
stu in my op
die sang en jolyt
bring skuld en verwyt
daar is kinders in afrika
daar
is kinders in bagdad
daar is kinders in gaza
daar is kinders in smart
jou
kinner koppie dra bakstene aan
jou lyfie verkoop om skulde te delg
jou handjies is nerfaf
jou ruggie is krom
ek huil in my hart
my siel is morsdood
vir jou liewe kind
is ons wêreld so blind